top of page

Ons storie
Ons het mekaar 23 September 2018 ontmoet, heel "toevallig" en onbeplan. Vanaf ons eerste dans het ons geweet dat hierdie meer as net potensiaal is. Ons het vir 'n jaar lank oor landsgrense heen gekuier tot op 'n dag wat ons albei besluit het dat die afstand te moeilik was.
â
Vier lang jare het verby gegaan en kontak tussen ons was nooit heeltemal verbreek nie, die agterdeur was steeds oop.
â
Ons paaie kruis weer die 25ste Februarie 2024 en van daar af was die koeël deur die kerk.
â
Vandag staan ons op trou en daar is geen beter bewys van God se getroue, geduldige en standvastige liefde as die liefde wat Hy vir ons gegee het om met mekaar te deel nie.
â
Ons kan nie meer wag vir ons "vir ewig" nie.
bottom of page



